Beleef die avontuur op Ongersfontein

Buiten die wêreldklas, rustige verblyf wat jy op die plaas vind, bied ons ook 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite om te geniet.

Sterrekyk

Met uiters lae vlakke van lig-besoedeling in die Karoo, skep dit die perfekte omgewing vir 'n rustige aand van sterre bewondering.

Wildsritte

Beleef die Karoo-natuurskoon op 'n unieke wildsrit met die oop, elektriese karretjie wat toelaat vir nabye kontak met die veld.

Voëlkyk

Die Karoo bied 'n uitstekende geleentheid vir voëlkyk, veral as jy belangstel in unieke en skaars voëlsoorte.

Staproetes

Durf een van die vele pragtige, skoon staproetes in die ongerepte Karoo-landskap aan.

Fiets- en motorfiets ry

Geniet die pragtige Karoo-veld deur die vele plaaspaadjies met jou fiets of motorfiets te verken.

Hengel

Hengel in die Ongers-rivier of plaas damme word toegelaat op 'n vang-en-vrylaat basis.

Son-op en sonsak

Die asemrowende tonele wat uitspeel elke oggend en aand, wil jy verseker nie mis nie.

Sneeu

Amper elke winter sneeu dit op Ongersfontein, wat die hele landskap in 'n skouspelagtige sprokieswêreld omskep.

Fotografie-geleenthede

Die wilde Karoo-veld bied ongelooflike geleenthede vir asemrowende fotografie vanuit 'n unieke perspektief.

 BESPREEK NOU