Welkom

Ongersfontein Gasteplaas
Dit is hier waar jy tot rus kan kom.

In die hartjie van die Karoo, op 'n werkende beesplaas, bied Ongersfontein Gasteplaas rustige, gemaklike verblyf, reg langs die N1, en halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad.

Op die plaas word jy onthaal met plattelandse vriendelikheid, en na 'n gemaklike oornag, is jy verseker lekker uitgerus.

 BESPREEK NOU

Gemak wat nie prysgee nie

Slaap Gemaklik

Rus uit in 'n gemaklike bed, op 'n stil plaas in 'n pragtige kothuis wat stylvol ingerig is.

Kook Gemaklik

In elke eenheid is daar 'n ten volle toegeruste kombuis, asook braaigeriewe wat selfsorg maklik maak.

Ontdek Gemaklik

Geleë teenaan die N1 hoofweg, bied die plaas toegang tot verskeie geriewe in die Richmond omgewing.

Verbind Gemaklik

Met gratis toegang tot die plaas se Wi-Fi netwerk, is dit maklik om in aanraking te bly met jou geliefdes.

Kom om die stilte te ervaar.
Vertrek met die herinneringe.

Verblyf by Ongersfontein

Ongersfontein Gasteplaas  beskik oor 5 pragtig ingerigte kothuise, elk met 'n privaat ingang. Die kothuise bied ruim kamers met gemaklike beddens, sagte duvets, kraakvars linne en privaat badkamers. Gaste kan ontspan in knus sitkamers, gebruik maak van volledig toegeruste kombuise en op privaat patio's ontspan. Die welige tuine bied die perfekte omgewing vir ontspanning, en gaste kan gebruik maak van die braai-areas. Gratis Wi-Fi is ook beskikbaar.

Sonop
Sonsak
Tiptol
Lyster
Bokmakierie
 BESPREEK NOU

Wat maak ons spesiaal

Skoon Energie

Ongersfontein Gasteplaas is ten volle deur solar aangedrewe, wat beteken dat gaste nie bekommerd hoef te wees oor beurtkrag nie. Gaste kan ook hul elektriese motor op die plaas laat oplaai!

Lekker Aktiwiteite

Van wildsritte tot sterrekyk, bied die plaas 'n wye reeks aktiwiteite waaraan gaste kan deelneem.

 Meer Aktiwiteite

Troeteldier-vriendelik

Gaste én hul troeteldiere word verwelkom op die plaas! Ons bied verskeie geriewe vir troeteldiere, insluitend honde-hokke, kratte en bedde in die eenhede. Laat ons net vooraf weet indien jou troeteldier saamkom.

"Met die eerste oogopslag mag die Karoo dor, verlate en meedoënloos lyk, maar vir diegene wat dit ken, is dit 'n land van geheime skoonheid en oneindige verskeidenheid."

Eve Palmer