Ongersfontein Gasteplaas bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in vyf unieke kothuise, elk met sy eie karakter en gevoel. Die gasteplaas is op 'n werkende plaas langs die N1 naby Richmond in die Noord-Kaap geleë, en bied 'n rustige plek om te oornag en die oop landskap van die Karoo te ervaar.
Elke kothuis beskik oor 'n ten volle toegeruste selfsorgkombuis, gemaklike beddens, 'n privaat stoep en 'n braaiplek. Gratis Wi-Fi, sonkrag en die rustige plaasomgewing maak Ongersfontein 'n ideale oornagplek vir reisigers wat die Karoo verken of deur die Noord-Kaap op die N1 reis.
'n Gemaklike selfsorgkothuis met 'n uitsig oor die dam, vir tot 3 gaste.
Geriewe
'n Gemaklike selfsorgeenheid wat 3 gaste kan akkommodeer. Sonop bied 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n oopplan leefarea en toegeruste kombuis. 'n Addisionele gas kan in die leefarea van die slaapbank gebruik maak. Addisionele bababedjie op versoek.
Ruim selfsorgeenheid met 3 slaapkamers vir tot 6 gaste.
Geriewe
'n Bekoorlike selfsorgeenheid met 3 slaapkamers wat elk oor 2 enkelbeddens beskik. 'n Groot badkamer met 'n addisionele gastetoilet. Die eenheid bied 'n oopplan leefarea met gemaklike rusbanke en 'n ruim kombuis. Addisionele bababedjie op versoek.
Gerieflike kothuis met 'n pragtige uitsig, ideaal vir paartjies.
Geriewe
Een van ons kleiner selfsorgeenhede wat ideale verblyf bied vir 'n enkellopende persoon, of gemaklik 'n paartjie kan akkommodeer. Die eenheid bied oornagplek in 'n dubbelbed en 'n addisionele bababedjie op versoek.
'n Nuutgeboude kothuis ideaal vir 'n paartjie of enkellopende persoon.
Geriewe
Een van ons kleiner selfsorgeenhede wat ideale verblyf bied vir 'n enkellopende persoon, of gemaklik 'n paartjie kan akkommodeer. Die eenheid bied oornagplek in 'n dubbelbed en 'n addisionele bababedjie op versoek.
'n Kothuis, ideaal vir 'n paartjie wat 'n prag-uitsig oor die Karoo wil geniet.
Geriewe
Een van ons kleiner selfsorgeenhede wat ideale verblyf bied vir 'n enkellopende persoon, of gemaklik 'n paartjie kan akkommodeer. Die eenheid bied oornagplek in 'n dubbelbed en 'n addisionele bababedjie op versoek.
Ongersfontein Gasteplaas is ideaal geleë vir reisigers wat deur die Karoo en Noord-Kaap reis. Ons ligging naby Richmond maak dit 'n gerieflike oornagplek vir reisigers op die N1 tussen bestemmings soos Colesberg, Hanover, Three Sisters en Beaufort-Wes.
Bespreek nou